Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 22 NOVEMBER 2015

Goeiemôre, en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 Sentraal Afrika Tyd in Afrikaans en om 08:30 Sentraal Afrika Tyd in Engels landswyd 'n nuusbulletin uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Vir Echolink-luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS6JPL. 'n Elektroniese opname van hierdie nuusbulletin is ook beskikbaar op die Liga se webblad.

Hierdie oudiobulletin kan van die Liga se webblad by www.sarl.org.za afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.


In die nuus vandag.

HOEKOM WORD JY NIE DEEL VAN HAMNET NIE?

BHF AFSTANDE MOONTLIK TUSSEN DIE OOS-, SUID- EN WES- KUS GEBIEDE VAN SUID AFRIKA

DIE WĘRELD RADIOKOMMUNIKASIE KONFERENSIE KEUR 'N GLOBALE 60 METER TOEKENNING GOED

En

DESEMBER IS JEUG OP DIE LUG MAAND


Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuus items.



**** Amateur radio is ʼn stokperdjie wat basies bestaan uit eksperimentele inisiatiewe en self onderrig. Dit sluit ook in om uit tevind wat jou kapasiteit is om ʼn stasie by jou huis of buite in die veld, sonder enige elektrisiteit en in noodtoestande die gemeenskap te kan bystaan. Dit beteken ook dat jy jou oudit prosedures moet verbeter om in staat te wees om ʼnboodskap met akkuraatheid suksesvol te kan stuur en te ontvang terwyl toestande ongunstig is.

Al hierdie interaktiewe skakelings en prosedures kan verbeter deur by HAMNET, die nood kommunikasie arm van die Suid Afrikaanse Radio Liga aan te sluit. Hoekom is jy nie lid van HAMNET nie? Hamnet kan van jou vermoëns gebruik maak ongeag of jy beperk is tot jou huis as gevolg van siekte of ʼnbekwame bergklimmer of selfs grot ontdekker is, fietsryers, vier-wiel motorfietse, valskermspringers, maraton hardlopers, daar is ʼngeleentheid vir jou by HAMNET.

Kontak die SARL kantoor ommeer inligting van jou HAMNET Direkteur in jou omgewing te kry.

Moenie vergeet om na Amateur Radio Today se program vandag om 10:00 UTC op ʼn herhaler naby jou, vir die week se HAMNET bulletin, na afloop van die SARL se bulletin te luister nie.


**** Die volgende afstande kan op 'n gereelde basis met behulp van Tropo geut voortplanting op 144 MHz en onder ander moontlike kondisies op 50 MHz bereik word. Hierdie afstande is:
Kaap Stad na Oranjemund = 620 km en Lüderitz = 790 km.
Kaap Stad na Port Elizabeth = 660 km en Oos Londen = 880 km.
Durban na Oos Londen = 460 km en Port Elizabeth = 690 km.
Die verste afstand nog op144 MHz was tussen Port Elizabeth en Richards Baai verder as 840 km gedurende Tropo geut voortplanting.


****Die vergadering van die 2015 Węreld Radiokommunikasie Konferensie (WRC- 15) in Genčve het 'n toekenning van 5 351,5 tot 5 366,5 kHz tot die Amateur Diens goedgekeur op 'n sekondęre basis met 'n krag perk van 15 W effektiewe isotropies uitgestraalde krag (EIRP). Die 18 November besluit oor Agenda Item 1.4 het twee rug-aan-rug lesings aangeneem. Met hierdie aksie en ten spyte van omstandighede wat meer beperkend is as wat gehoop is aan die begin van die konferensie, het die Amateur Diens sy eerste nuwe globale HF toekenning sedert 1979 behaal. Die nuwe band sal nie beskikbaar wees totdat die Handelinge van die Konferensie gefinaliseer is en die ITU Radio Regulasies opgedateer is. Dit kan volgens ingeligte bronne eers op 1 Januarie 2017 wees. Tot dan sal die twee frekwensies, 5 260 en 5 290 kHz in plek bly.


****Desember is weer tyd vir Jeug op die Lug maand en sal stasies in verskeie lande op die lug wees om kontak te maak met die agtervoegsel van "YOTA" as hul roepsein.
So ver het 21 lande al geregistreer, waarvan Suid Afrika een is, om deel te neem aan die internasionale aktiwiteit. Die Suid-Afrikaanse Radioliga het weer die spesiale roepsein, ZS9YOTA bekom vir jong amateurs om van 1 tot 31 Desember 2015 te gebruik.
Neem asseblief kennis dat die ZS9YOTA roepsein primęr gebruik moet word om ons jeug op die lug te kry. Jong amateurs word gedefinieer deur die IARU R1 as "onder 26".
As jy 25 jaar oud of jonger is, word jy uit genooi om aansoek te doen om die spesiale roepsein te gebruik óf as 'n individu of as 'n klubstasie bedryf deur jong mense. Stuur jou versoek aan Koos ZR6KF by koosfick096@gmail.com of alternatiewelik na Nico van Rensburg, ZS6QL, by zs6ql@mweb.co.za

Beurte sal toegeken word op 'n eerste ontvang, eerste bedien basis. Die beurte sal aangetoonword op www.sarl.org.za/ waar jy ook meer inligting asook baie ander interessante inligting oor YOTA 2015 kan kry.
Wanneer jy jou ZS9YOTA tydgleuf aansoek instuur, sluit 'n foto van jouself of groep wat die stasie sal bedien in, sodat dit op die IARU R1webblad geplaas kan word.

Hierdie is'n gulde geleentheid vir klubs om 'n demonstrasie te hou by 'n plaaslike skool om ons stokperdjie ten toon te stel of om saam met ons amateur vriende en hul kinders bymekaar te kom. Kry 'n pizza of twee of geniet 'n braai en laat die kinders 'n paar QSO's maak met plaaslike en internasionale stasies en mede jeugdiges.


U luister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga.

**** Die Wesrand Amateur Radio Klub hou sy volgende snuffelmark om 12:00 op Saterdag 28 November 2015 by die klubhuis in Krotonstraat, Weltevredenpark, Roodepoort. Almal is baie welkom. Vir meer inligting skakel, Johan ZS6JVV 082 558 5811.


**** Die Pretoria Amateur Radio Klub (PARK) het op 14 November 2015, op die eerste komiteevergadering na die PARK AJV, die volgende portefeuljes aan komiteelede toegeken:
Johan de Bruyn ZS6JHB is die voorsitter;
Pierre Holtzhausen, ZS6PJH is die vise-voorsitter;
Jean ZS6ARA is die sekretaris;
Andre van Tonder ZS6BRC is die tesourier;

Baie van die portefeuljes word deur subkomitees hanteer.
Die subkomitees is soos volg:
Openbare betrekkinge en bemarking, Etienne Naude ZS6EFN;
Vlooimarkte; Almero du Pisani ZS6LDP;
RAE-Klasse; Etienne Naudé ZS6EFN, Pierre Holzhausen ZS6PJH en Louis de Wet ZS6SK;
Kompetisies: Jaco Cronje ZR6CMG; Pierre Holzhausen ZS6PJH en Whitey Joubert ZS6JJJ;
Tegnies en herhalers: Gawie Marais ZS6GJM, Craig Symington ZS6RH en André Coetzee ZS6GCA;
Webwerf: Graham Reid ZS6GJR enGawie Marais ZS6GJM,
Redaksioneel: Louis de Wet ZS6SK;
Klubhuis: Louis de Wet ZS6SK enWhitey Joubert ZS6JJJ,
Bulletins: Etienne Naude ZS6EFN enJean ZS6ARA;
Tydrenne & sosiaal: Johan de Bruyn ZS6JHB.

Die nuwe komitee word sterkte en sukses toegewens met hulle taak vir die komende jaar.


**** Voortplanting verslag, Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan wees.Al die sigbare sonvlekke is stabiel met bykans geen kans vir sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van ongeveer 45 vir die week gebruik.

Amateurs kan veral laatmiddag en gedurende die aande bruikbare openinge op die 20 tot 10 m DX bande verwag.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.


****Die beplanningvir 2016 se RAE het begin. Eksamensentrums en HF Assessoremoetasseblief her-registreervirvolgendejaar. Ditsalwaardeer word indien die her-registrasievoltooikan word voor 10 Desember 2015. Indienhulpbenodig word kan 'n e-posgestuur word aan rae@sarl.org.za.


**** En nou vir die dagboek van gebeure

28 Nov -- Wesrand Amateur Radio Klub hou sy volgende snuffelmark om 12:00
1 Des – begin van Jeug Op Die Lug maand
6 Des – SARL digitale kompetisie
10 Des – laaste dag vir RAE eksamen sentrums en HF Assessor registrasie
12 & 13 Des – ARRL 10m kompetisie
19 Des – Laaste SARL Nuusbulletin vir 2015.



Om hierdie bulletin te beëindig, 'n herhaling van ons belangrikste item in die nuus vanoggend.


****Die vergadering van die 2015 Węreld Radiokommunikasie Konferensie (WRC- 15) in Genčve het 'n toekenning van 5 351,5 tot 5 366,5 kHz tot die Amateur Diens goedgekeur op 'n sekondęre basis met 'n krag perk van 15 W effektiewe isotropies uitgestraalde krag (EIRP). Die 18 November besluit oor Agenda Item 1.4 het twee rug-aan-rug lesings aangeneem. Met hierdie aksie en ten spyte van omstandighede wat meer beperkend is as wat gehoop is aan die begin van die konferensie, het die Amateur Diens sy eerste nuwe globale HF toekenning sedert 1979 behaal.



Luister elke Sondagoggend om 10:00 sentraal Afrika tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laer syband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Potgooi deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 sentraal Afrika tyd op 3 230 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Etienne Naude, ZS6EFN, geredigeer deur Ryan Gibson, ZS6GGR, en gelees deur Dawie Conradie, ZR6DHC, of (_______) (jou naam, roepsein en QTH).


Dankie dat jy geluister het.

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `ʼn mooi week toe. Totsiens

73

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003